So, dis nou al amper 4 maande laas wat ek iets hier gepost het... Die een oomblik het jy tyd om jou kop op al die verskillende goedjies te hou, en die volgede is daar nie tyd vir enige iets nie...
Die laaste paar maande het verskeie dinge gebeur. Ek het vir n tydjie gevoel ek gaan nie weer iets post tot ek WEER op die MSC is oppad Mosselbaai toe nie. Tussen my vroutjie wat verwag en n Studio wat nog so jonk , maar so geweldig besig is, het ek my hande vol gehad.
Ek het in my hele loopbaan nog nie so baie geskryf soos wat ek nou doen nie. By myself het ek verskeie talentvolle opkomende sangers en sangeresse wat liedjies soek vir hulle eerste of opvolg albums, en dan kom ons elke nou en dan by Select Musiek se kantore bymekaar en val daar weg vir liedjies vir die meer bekendes.
Anyway, ek sal op n ander geleentheid meer gesels oor myself as n skrywer, my eintlike vraag is wanneer raak dit op? Wanneer kan jy nie nog n song skryf nie? Wanneer is elke liewe melodie en elke liewe song klaar geskryf?
Ons moes tog al in verskeie gevalle erens een of ander song gecopy het? Iemand moes al n Romeinse apie se harp melodie oor geskryf het wat hy vir n bergie gespeel het oor hy dit nie kon maak nie. Iemand moes al n Italiaanse tune erens in Xhosa oor geskryf het. Nee, ek praat nie van copy die ding van n ander taal na Afrikaans nie, ek praat van bloot per toeval.
Het 2 mense al dieselfde song geskryf in 2 verskille plekke in tyd? Of dan ten minste dieselfde melodie?
Deesdae wil dit vir my voel of ek al hoe meer bekende wysies in liedjies hoor. As ek luister na Bok van Blerk se 'Tyd om te trek' hoor ek heeltyd 'Last Christmas'. Theuns en Juanita se 'Hart vol Drome' klink darem vrek baie soos Ray Dylan se 'Koning van Harte'. So bietjie langer terug het 'Build me up Buttercup' uit gekom, dit klink darem baie soos 'Waterloo' van ABBA...
Is hierdie per toeval? Sit jy maar die dag en skryf n song sonder die wete dat dit beinvloed word met wat jy vroer op die radio gehoor het, of sit sommige skrywers opsetlik en copy songs met die hoop dat niemand gaan uitvind nie?
Producers help darem baie hier, want jy kan een liedjie in soveel verskillende weergawes verander. n Pop song word vinnig n ballade en n Rock song vinnig n Hardhouse remix. Hierdie bewolk die hele song en tensy dit regtig n remix is kom min mense dit agter, ook oor n persoon wat van Rock hou, nie sommer Afrikaans gaan luister en hoor Pierre Rossouw het eintlik daai ander song van Nirvana oorgeskryf nie...
Al wat ek weet, is ons is vrek baie skrywers oor die wereld, en as almal van ons al ons songs vir mekaar kon speel, is ek seker ons sal agter kom dat ons al n paar keer dieselfde songs geskryf het, miskien het die note lankal opgeraak... Miskien is dit soos vandag se Mode? Snorre was in die 80's cool en skielik het ons Movember. Dalk herhaal musiek homself, sonder dat ons die kans kry om dit te hoor, Miskien word Jurie Els se songs weer cool in 2070, net met nuwe woorde en n beter produksie. Goeie ding ons sal nie hou tot dan nie. Grappie Oom Jurie...