So paar jaar terug word ek heel vriendelik genooi deur n random ou by n bar om by sy huis te kom braai. Dit was na ek die aand so paar acoustic nommertjies gedoen het, eintlik vir petrol geld en n bar tab en as daar ietsie ekstra is voel jy nogal gelukkig. Daar is altyd n ou wat vir n beter prys sal speel in die industrie so jy vat maar wat jy kan kry as jy nie op aanvraag is nie, of in hierdie geval n nobody wat niemand ken nie. Nie te min, daar was n transaksie, ek kom jam n paar liedjies vir n paar rand.
"Ons gaan lekker braai en die rugby kyk, bring net jouself en jou kitaar." sê hy vir my. Ek kan nie op my vingers tel hoeveel keer ek al genooi was na iemand se huis toe, waar ek my kitaar moet saam bring nie. Dis eintlik n interresante situasie, want jy voel half flattered dat die persoon wil hê jy moet kom musiek maak, maar ook in die gesig gevat oor daar sommer voor die tyd aanvaar word jy is bereid om dit teen jou eie onkostes te doen, wat nog te sê van betaling?
"Wat doen jy vir n lewe?" vra ek toe vir hom. "Ek's n plumber..." antwoord hy. Ek val hom sommer net daar in die rede en sê, "Ek sê jou wat. Ek gaan hierdie naweek n braai hou, dan kom jy bietjie na my huis toe. Bring net jouself en jou toolbox. Ek het n paar pype wat nie so lekker is nie."
Tot sy verbasing kon hy nie verstaan dat ek hom kon vra om op n naweek terwyl mense braai en rugby kyk my pype te kom beloer sonder betaling nie.
Craigslist Ad:
We are a small & casual restaurant in downtown Vancouver and we are
looking for solo musicians to play in our restaurant to promote their
work and sell their CD. This is not a paying job, but only for special
events which will eventually turn into a nightly event if we get
positive response. More Jazz, Rock, & smooth type music, around the
world and mixed cultural music. Are you interested to promote your work?
Please reply back ASAP.
A Musician’s Reply:
Happy new year! I am a musician with a big house looking for a
restauranteur to come to my house to promote his/her restaurant by
making dinner for me and my friends. This is not a paying job, but only
for special events which will eventually turn into a nightly event if we
get a positive response. More fine dining & exotic meals and mixed
Ethnic Fusion cuisine. Are you interested to promote your restaurant?
Please reply back ASAP.
Musikante het ook uitgawes. Ons het ook huur en medies, krag en water, selfoon rekeninge en versekering om te betaal. Ons is ook van planeet aarde en moet so nou en dan iets eet anders mag ons dalk net om val. Ons speel op instrumente wat ons soos ons kinders bewaar wat duisende rande kos. Baie van ons is ouers, met families om na om te sien. Gewone mense met gewone lewenskoste. As Jan Taks klop sê hy nie"Oh sorry bra, ek het nie geweet jy's n drummer nie."
Ja, so nou en dan speel ons verniet. n Fees wat 60,000 voete lok vra jou vir n paar shows teen n beter prys of vir bemarking en dan sê jy ja, want dis blootstelling, maar 3 Ouens in jou agterplaas is nou nie regtig bemarking nie. Dalk is daar n aanvraag vir Kinders met Kanker, Vroue wat met geweld moet lewe of Outistiese kinders wat weg gegooi was. Daarmee sal Muso's ook help, want die inkomste gaan vir n doel wat deur goeie harte vorentoe betaal word.
As n Dokter of n Prokereur jare lank studeer om sy kwalifikasie te kry en dan skielik n vet tjek elke maand, is dit nie dan dieselfde vir n musikant wat al jare lank die kuns beoefen nie? Het ek nie dan ook al 22 jaar se studies en ondervinding agter my naam nie?
Ons doen wel wat ons die meeste geniet, maar kan ook net as gevolg van harde werk en groot sacrifices. Elke profesionele musikant se stokperdjie het sy werk geword, maar dit het jare geneem. Daar is n rede hoekom almal nie musikante geword het nie. Ons vermaak en skep gees. Ons ontwerp uit stof uit. Ons laat mense huil en lag. Ons is daar oor naweke wanneer almal familie tyd geniet. Ons werk moelike ure en toer lang afstande. Ons moet met n glimlag op n verhoog klim al is jou wêreld besig om uit mekaar te val. Ons moet kritiek in die oë staar as daar van jou gepraat word.
Dis n paar pennies werd.
Pierre Rossouw
Ai ou maat, ek hoor jou. Laas naweek in 'n klein kusdorpie gekuier. Een van die ouens wat 'n huis langs ons gehuur het was ook 'n nuut bekende sanger en kitaarspeler. Soos wat die party later geword het, so het die bekende pelle, en die nie-so-bekende pelle almal begin druk dat hy so bietjie perform. Omdat hy 'n nice ou is het hy so twee drie songs gedoen, maar ek kon sien hy voel misbruik - mens dink nie altyd daaraan nie, maar ek hoor jou lied hierbo. Jy's welkom om by my te kom braai, los net asb jou kitaar by die huis - ek is seker daar is oorgenoeg ander stront om oor te praat. Jou talent is heelwat meer as 'n paar pennies werd!
ReplyDeleteVandag wil jou pelle mos alles verniet he..... maar as jy hulle nodig het moet jy betaal. Dit is die bose kringloop van vriende....
ReplyDelete