Elke dag sê kinders dit. "Eendag as ek groot is." Dan probeer ons hulle kry om hul kinder dae te geniet, maar ons was ook dieselfde en net so sal hulle nie verstaan wat ons bedoel nie, dink ons is laf, en steeds die kinder dae weg wens sodat hulle kan groot word en 'doen wat hulle wil'.
Vandag is karretjies nie so cool soos dit was jare terug nie, ek dink my imagination het verlore geraak (Ek blameer dit op drank en vroumense). n Boksie kan nie n petrol stasie wees nie al probeer ek hoe lank. Gelukkig het ek kinders so dis maklik om n verskoning uit te dink as ek alleen op n swing sit in die parkie en mense my snaaks aan kyk. Ek sê net ek is besig om te oefen vir die naweek se speel.
Almal het daai backflash oomblikke. Jy kry dit in n spesifieke klank wat jy hoor. Jy kry dit as jy n nuwe persent oopmaak en die reuk slaan jou terug in 1985 in. Jy kry dit as jy iets sien op die internet of by n straatmark wat jy van jare terug onthou. Dan pla dit jou vir dae lank. Diep gestoor, maar jy kon nie daaraan dink tot iets dit weer kon trigger nie. Die gevoel is so vreemd, maar daar is n geweldige positiewe druk op my bors terselfde tyd. Ek wil weer n kind wees.
Hier is n paar wat my bors warm maak:
TV GAMES
![]() |
| Pew Pew |
Ek is nie heeltemal seker of dit n oorspronklike Nintendo Famicom was, of n Joyboy fake nie, maar die games was epic. As jy R5 gehad het kon jy vir die heel naweek n baie cooler game soos Street Fighter, BattleToads of Skate or Die gaan huur by Red Dot video en speel tot jou oë van kleur verander.
Die ouer nefies en niggies het die Atari en C64 consoles gehad wat hul eerste masjiene was. Die jonger het gerol met n Sega Megadrive of Genesis en dalk n Super Nintendo. Jare later was almal verbaas toe Sega Saturn die geveg verloor teen Sony se Playstation en niemand eens geweet het Nintendo 64 het bestaan nie. Ek dink die rede was oor niemand geweet het Nintendo was die ouens agter die family favourite "TV GAME" soos ons dit genoem het nie.
Vandag, die Nintendo Wii-U console, en einde van die jaar Sony Playstation 4 vs die Nuwe Xbox... Tye het verander.
COCA-COLA YO-YO
![]() |
| As jy kon loop the loop het jy kief pryse gekry... ek kon nie |
Hierdie goed was dood eenvoudig die bom. Op skool in pouse ruk almal yo-yo's uit en begin tricks oefen soos 'walk the dog', 'spin', loop the loop en my favourite was die Eiffel Tower.
Ek onthou nog die jingle wat op Yo-TV gespeel het op SABC 1, "He yo, com'on lets go to the mini-tv coca-cola yo-yo..." Dan leer jy die kuns bemeester via TV net na jou favourite shows, soos moomin, Brakkenjan en TMNT.
![]() |
| woof woof woof woof woof woof woof |
![]() | |
| Myne is rooier is joune so ek wen |
Ek sien nou nog nuwes op die rakke, maar daar was niks so cool soos n Ferrari F40 in jou pak, of Tanks en vliegtuie nie. Niemand het ooit regtig die game verstaan nie, maar solank almal saam gestem het oor die reels het jy lank gespeel. Hoe beter jy die kaarte geken het, hoe beter was jou kans om te wen.
3D Slide Viewer
![]() |
| Myne is die rooiste |
Ek het almal gehaat wat die goed gehad het, want ek het nooit een gehad nie. Tot vandag as ek by mense se huis kom en iemand se kind het so iets dan speel ek eers n tydjie met dit. Dit was nie die goedkoopste speelding nie, en eintlik het dit nogal gesuck, maar die flippen mense wat die ontwerp het, het op een of ander manier dit weereens reg gekry om kinders te kry om van iets te hou wat so stupid is soos dit...
Ek klink kwaad want ek is... Moenie dink jy's cool omdat jou Ma geld gehad het nie Stefan, met julle lanie allgold tamatie sous en cool borrelbad. Ek kan my tog vandag amper 4 van hulle koop en dan het ek nuwe Monsters Inc slides en Ice Age, nie daai lame Beaty and the Beast goed wat jy gehad het nie. Kry vir jou
Commander Keen, die 286 en die Pentium 1
Hierdie game en Sokuban het my lewe verander. Ek kom eendag na skool by my Neef se huis aan wie ons bure is. Op hulle tafel in die kantoor area staan n 286 en Jean is besig om Commander Keen te speel... EK HET UIT GEFREAK!!!
My lewe het verander. Ek soek van daai dag af net rekenaars. So nou en dan as ek gelukkig is laat my Tannie my bietjie games speel na skool. Ek neem als in wat ek kan en in n paar maande skryf ek rekenaar programmetjies in QBasic en Pascal (As ek reg onthou.) - Als was op MS-Dos en dit was n hele tydjie voor Microsoft die wonderlike Windows 3.1 uit gebring het.
![]() |
| 286?? Ek rol met n 386 |
n Paar jaar later pak ek n tafel reg in my kamer met n tafeldoekie en n spesiale plekkie waar my rekenaar gaan staan. My pa gaan vir my n Pentium koop. Ek kan tot vandag toe die Specs onthou. Pentium 120, 2.1GB HDD, 16MB Ram, Dit was n monster.My Rekenaar kom by my huis aan, Windows 95 klaar gelaai, en my ma sit hom in die sitkamer...
Na ons die technician so 40 keer moes bel om die rekenaar reg te maak, want ek delete alewig goed, het ek als geleer wat ek kon. Ek koop ou 386 en 486 masjiene en bou op, breek af, dit was die tyd van my lewe. Ek soek tot vandag toe net weer n ou 386 rekenaar...
Dit het so erg geraak dat ek van Graad 10 tot Matriek moes Rekenaar klas gee want ek het meer geweet as ons Juffrou. Vandag se Rekenaars weet ek nie so baie van nie want musiek het oorgeneem en ek moes tyd maak vir een van die twee. In my besigheid kan die een nie sonder die ander nie, maar ek is vandag baie bly ek het soveel rekenaars gebreek, want anders sou ek nooit leer hoe om hulle reg te maak nie.
Soos n ou Mechanic voel oor n 1985 enjin, so voel ek oor n ou vrot goed in sy dinges 386 wat erens in iemand se stoor stof opgaar.
Ons kan nooit weer kinders wees nie, dis nie moontlik nie, maar ons kan altyd ons memories by ons hou. Ons kan altyd so uitstappie vat na waar ons verlang en wat ons mis. Die mens verander met die tyd, maar die kind binne jou sal altyd dieselfde bly.







En so stap ons die lekker pad saam met jou......
ReplyDeleteGoeie ou dae daardie !
ReplyDelete