John Cena en Undertaker kan ook bloei
Onlangs was daar n storie van John Cena en Undertaker wat mekaar oneindig pak gegee het en die meeste bloed ooit (blykbaar) veroorsaak het in n WWE geveg. (LAME)
![]() | |
| So lyk die 4de grootste facebook irritasie |
Teen die tyd wat jy jou surveys doen en security checks afgehandel het, het die program reeds daai video link op ander ouens se blaaie gepost wie op jou facebook is sowel as n link gedeel in jou status sodat hulle solank hul volgende slagoffers kan vang. Een van die security check opsies is jou selfoon nommer, wat jou dan laat aansluit aan hierdie super duur subscription dienste wat soms tot R30 per dag kan kos en elke keer jou airtime vat.
Elke dag is daar nuwe stories wat uit die duim gesuig word om jou aandag te trek. Elvis lewe, Celebrity sterf, ens... Moenie op die goed kliek nie, as n video of inligting akkuraat is sal dit op nuus websites wees en die videos sal op ander aanlyn video blaaie ook wees. Daar is ook baie facebook blaaie en websites wat hierdie goed reeds as Hoaxes uitwys nog voor ons 3de wereld land die links begin kry.
I've lost 219kg in 3 weeks with this new diet
Kyk, ek het respek vir mense wat na hulself wil kyk en bietjie mooier wil lyk. Ons almal wil, en dis great as jy wil gesond wees, maar ons almal weet al vandat die Home Shopping networks bestaan dat jy nie oornag met een of ander miracle drug gaan gewig verloor nie.
Hierdie spam is veral groot op Twitter. Jeremy Clarkson, die bekende aanbieder van Top Gear (1.3m facebook followers) was onlangs n slagoffer gewees, neem aan hy wou ook so bietjie vetjies skud. Hoekom?
![]() |
| Sexyback |
Jy sien jou vriend of gunsteling celebrity deel n skakel wat beloof om jou te help gewig verloor. Jy raak so opgewonde jy kliek dadelik. Oops, ietsie is fout, jy moet net gou weer by twitter inskakel, maar hier is die ding... Dit is nie twitter nie, dis n blad wat hulle opgestel het waar jy net jou username en password vir hulle gee, sodat bots kan inlog en jou gebruik as n spam masjien.
Die link vat jou na n bladsy waar jy die miracle sappies of pille bestel en almal is happy, wel nie almal nie, jy's nie happy nie. Mense, ons is Afrikaans, as jou vriende op twitter skielik in n ander taal oor dieet pille en goed praat, sms hom liewer en sê: "Bra, jy is mooi nes jy is, moenie drugs gebruik nie."
en verder?
Hierdie goed sal nooit ophou nie, ons sal dit aanhou kry, want daar is altyd iemand wat n skelm is en op een of ander manier geld wil steel. Sosiale netwerke het ons almal in kontak gesit maar ook weer nuwe kriminele geleenthede geskep. Hou net die ogies oop, Whatsapp gaan nie 12h ophou werk as jy nie die boodskap forward vir 10 mense nie... Wat as jy net 9 contacts het? Shame. Facebook gaan nie 45c donate aan n random foto met n opgemaakte storie nie, Facebook sal self n offisiele storie laat uitkom daaroor. As jy n inbox op twitter kry van Angelina Jolie wat sê "LOL, look at this photo of you." MOET DIT NIE KLIEK NIE, ANGELINA JOLIE WEET NIE HOE JY LYK NIE...
Onthou, alles is nie altyd soos ons graag wil glo nie.
MOENIE HIERDIE LINK KLIEK NIE ---------> FREE MONEY!!


Pierre dit is so waar wat jy hier praat. Almal word gewaarsky en ja.... niemand wil luister nie.
ReplyDelete