Wednesday, March 6, 2013

Bekendes voor die Geld

Whoopie Goldberg was n foon seks girl

Haar foon karakter

Sy het op 'the view' gesê sy het vir n tydjie as n phone sex operator gewerk toe sy jonk was. Die geld was goed, maar sy kan nie vandag nie oor mense haar stem sal herken.Sy het ook op n kol lyke se make-up gedoen terwyl sy studeer het vir n make-up artist.

Hugh Jackman was n Nar


Die eerste Wolverine make-up
Die bekende X-Men akteur het so $50 per vertoning verdien en by kinder partytjies die jong klomp vermaak met n rooi neus en awesome grimering. Hy kon geen toertjies doen vir die 3 jaar wat hy n nar was nie.

Obama het Roomys geskep

Smaak my die bra lieg mos

Voor die man seker gemaak het die VSA kan wettig dagga rook het hy Roomys geskep vir Baskin Robbins. Hy sê dit het gemaak dat hy vreeslik baie roomys eet en vandag nie van dit hou nie.

Matthew McConaughey het hoender hokke skoon gemaak


KFC gee my hoendervleis
In Australië terywl hy studeer het was die ou se inkomste as gevolg van skoon hoender hokke. Hy het ook skottelgoed gewas op die kant.

J.K Rowling het gelewe op Welsyn geld.


Wil net bevestig dat die ou hier bo NIE JK Rowling is nie.
In die 90's het sy geskei en moes met haar kind op welsyn geld oor die weg kom. Sy het van plek tot plek gestap en in koffie winkels meeste van haar baie bekende Harry Potter boeke klaar geskryf, oor haar dogtertjie Jessica makliker geslaap het met die stap. Sy is vandag ongeveer $1 Biljoen werd.

Brad Pitt het strippers rond gery

Mis my hoender pakkie
Terwyl hy gewag het vir sy groot deurbraak in die akteur industrie het hy strippers rond gery na bachelors party's of waar ookal die ouens een nodig gehad het. Sy eerste werk voor dit was El Pollo Loco waar hy soos n hoender aan getrek het en flyers uit gedeel het. Wat is dit met bekendes en hoenders?

Mick Jagger het in n malhuis gewerk

Enige foto sal doen, hy verander nie.
Lank voor die Rolling Stones het hy tasse rond gedra vir malletjies by die Bexley Mental Hospitaal terwyl hy studeer het by die Skool van Ekonomie in Londen. Hy het 90 Shillings per week verdien.

Matt Damon briekdans vir geldjie


Fan van Vanilli Ice
Die rumour loop al n tydjie en n paar mense se dis waar dat hy op college in die vierkant geld gemaak het deur te breakdance. Hy ontken dit en sê die storie is op gemaak deur Casey Afleck. Casey sê dis waar en tot vandag word hy gevra om op sy kop te spin as hy n onderhoud het.

Jim Carrey was n Bergie


Wonder of hy nog die VW het.
Wel soortvan. Hy het in n VW bussie van plek tot plek gery en op familie se grond gebly. Hy sê dis waar hy sy sin vir humor gekry het.




1 comment:

  1. Pierre dit wys nou nou maar net, ons is almal mense.

    ReplyDelete