Thursday, March 7, 2013

Mites oor drank wat jy dink waar is

Sit hom in die kooi as hy uitpass


Jou vriend het te lank op die Wyntrein gery en toe val hy om van te veel drink. Daar lê en snork hy. So wat jy doen is jy sit hom in die kooi en laat hom sy dronkenskap afslaap terwyl jy terug gaan party toe en sy oorskiet wyn drink.

Eintlik:

Nie so goeie idee nie. n Ou wat uitpass is anders as n ou wat aan die slaap raak. Hy staan n goeie kans om in die middel van die nag te braak en daaraan te verstik en aangesien jy ook n paar wyne in het gaan jy hom op sy rug laat lê. As jy uitpass van drank is jou kans minimaal om wakker te word as jy opgooi. So, al jou terugflitse wat jy nou gekry het van pelle wat in hulle eie interne vodka wakker geword het die volgende oggend kon moontlik gedooi het.

Doen liewer die:




Kyk maar so nou en dan of die bra nog asem haal en laat hom op sy sy slaap terwyl jy jagerbombs drink. So nou en dan wanneer jy lus voel om op hom te teken met n permanent marker moet jy voel of hy normaal asem haal. As dit nie die geval is nie is die kanse baie goed dat hy alkohol vergiftiging het en jy kan altyd sy hand in lou warm water druk in die hospitaal ook. Bel iemand.

Drank hou jou liggaam warm



Alkohol flous ons op so baie maniere. Girls lyk sexy, maar die volgende dag soos daai tannie seekat op the Little Mermaid. Jy praat super vinnig, maar eintlik stadiger as ooit. Jy kry die slimste planne, maar oorweeg later om terug skool toe te gaan. So ook laat alkohol jou dink jy raak warmer, maar eintlik glad nie.

Eintlik:

Alkohol verdin jou bloed en laat dit nader aan jou vel beweeg so jy raak bloed rooi en dit laat jou warmer voel, maar dit geld nie vir jou sentrale hitte stelsel nie.

Doen liewer die:



Hou jou vriend warm, soos op Brokeback Mountain. Wel, nie heeltemal soos Brokeback mountain nie...

n Pil voor die sypsessie voorkom babalas



Om te drink is altyd lekker tot die volgende dag. Dis soos om met jou splinter nuwe Volvo n paar ure die langpad aan te vat en alles mooi te beleef en dan op die einde hom te stamp teen n ou se splinternuwe Ferrari. Dit was als baie lekker gewees, maar die einde was n ramp.

Baie mense glo n Compril of 2 Disprins gaan die pad na die babalas makliker maak en jy sal opstaan en voel soos n 1950's musical waar voeltjies op mense sit en saam sing.

Eintlik:

Selfs al sou dit gehelp het, is daar geen pil wat vir so lank die effekte kan teenstaan dat hy steeds in werking gaan wees die volgende oggend nie.

Daar is onlangs bewys dat pille jou metabolisme afbring en die alkohol stadiger verbrand. So jou bloed/alkohol vlak sal hoër wees en jy sal basies langer gesyp bly. Met ander woorde, as jy die volgende oggend awesome voel is jy heel moontlik nog op die wyntrein.

Doen liewer die:



Daar is nie regtig n magical cure vir n babalas nie, as daar was sou almal geweet het. Jy kan een van twee goed doen. Jy moet of so baie water drink soos wat jy kan, dit gaan nie die babalas stop nie, maar jy sal makliker deur dit kom. Blykbaar werk n vetterige breakfast ook. Of jy moet weer begin drink en nooit ophou nie.

Koffie maak jou nugter



In elke movie word daar vir die dronkie in die verhaal die volgende dag koffie gegee om beter te voel. Elke movie laat ons ook glo dat dit werk, maar dis nie so maklik nie.

Eintlik:

Koffie kikker jou op en Alkohol is n depresant. Jy wil graag glo dat die een die ander se gat sal skop in n epic fight binne jou liggaam. Jy sal wel meer bewus wees van wat om jou aangaan, maar dit beteken nie jy is nugter nie. Lekker slaap in die selle.

Doen liewer die:

Moenie drink nie. Maak n poephol van jouself sonder om enige alkohol in te neem en laat mense toe om op jou te koukie. Vry n lelike girl want sy soek ook net n bietjie liefde en blameer dit op drank sonder om die volgende oggend te voel asof jy deur n trein getrap is en daar n dooie voëltjie in jou mond is.

Jy kan die blaas pompie flous



Jy kan nie... okay? 90 persent van mense wat uit n bar uit stap dink hulle ry Stockcars. Niemand kan beter bestuur nie en niemand is bang vir die boere nie. Aangesien jy so awesome kan bestuur moet jy net n manier kry om daai pompie te flous as jy gevang word.Mense het al verskeie maniere probeer, soos om geld te suig, sweets, onderklere te eet, tande te borsel ens.

Eintlik:

Daar is geen manier nie. Jy sal nie met dit weg kom nie tensy die ding dalk so gebreek is soos jou verskoning om te syp. Hierdie was getoets op Mythbusters en niemand kon wen nie. Jou enigste kans is as die saak uit die hof gegooi word.

Doen liewer die:

Moenie drink en bestuur nie. Niks maak jou superman nie en jy stel baie onskuldige mense in gevaar. Net soos mooi meisies en warmer voel is jou mad driving skills alles in jou kop. As jy wil syp, doen dit by jou huis en dink aan mense wat nie in jou wil vas ry en vroeg wil sterf nie. In 2012 is daar 1221 mense net in ons vakansie op die pad oorlede.



Wees veilig.

Inligting gekry via Cracked

No comments:

Post a Comment